Leerder Program/Learnership Programme 2027
OVK - Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk · Arlington, VA · 2 wk ago
OTHRContract
About the role
OVK Handel is op soek na dinamiese en ambisieuse kandidate om by die OVK landbou familie aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal praktiese blootstelling kry in die Handel besigheid, asook die geleentheid kry om saam met ons Handelspan te werk om nuwe vaardighede aan te leer en besigheidsinsig op te doen.
Requirements
- Graad 12 (wiskunde, rekeningkunde, landbou en handelsvakke sal voordelig wees)
- Belangstelling in ‘n loopbaan in handel en landbou
- Belangstelling in kliëntediens en bemarking
- ‘n Afskrif van laaste skoolrapport moet jou aansoek vergesel
Skills
- Goeie kommunikasie- en taalvaardighede in Afrikaans en Engels
- Rekenaarvaardig ( MS Office)
- Syfervaardig
- Moet onder druk kan funksioneer
- Goeie interpersoonlike vaardighede
Qualifications
Na suksesvolle voltooiing van die program sal die kandidate ‘n NQF 5 kwalifikasie ontvang wat geregistreer is op die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk en wat nasionaal erken word.
General Information
OVK is ‘n gelyke geleenthede werkgewer. Ons moedig persone uit aangewese groepe, asook persone met gestremdhede, aan om aansoek te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag, 30 September 2026.